|
Dit was op rekord die 7de keer dat die twee skole se 1ste spanne teen mekaar gespeel het sedert 1991. Affies was 6 keer aan die wenkant. Vir die historiese uitslae, volg hierdie skakels - Skole teen gespeel & Tellings teen Oakdale
Truie oorhandiging: Nicolaas Janse van Rensburg (OA 2012) 1ste span speler (2011 & 2012) Springbok (2021) Nicolaas sal vir die res van die seisoen die 1ste en 2de spanne bystaan in 'n tegniese hoedanigheid. Ons wens hom sterkte toe en glo dat hy 'n groot bydrae sal maak tot die sukses van beide spanne asook die ontwikkeling van die spelers waarmee hy gaan werk. Vir ‘n opsomming van Nicolaas se rugbyloopbaan asook ‘n staaltjie oor sy noemnaam, volg gerus die skakel Nicolaas Janse van Rensburg. Eindtelling: Affies 28 - 17 Hoër Landbouskool Oakdale Puntemakers Drieë: Francois de Beer; Kyle van Staden; Estian Marx; Juan Ferreira Doelskoppe: Reuben Smith x4 Opgedateerde inligting 1ste span seisoen tot op datm Uitslae van ander wedstryde gedurende die week wat verby is 2026 wedstrydprogram Volgende wedstryd: vs Hoërskool Durbanville (tuis) - 31 Maart 2026 Comments are closed.
|