Die voorlopige tellings van die ander wedstryde teen Boys High kan hier gesien word.
Die Derby tussen die twee skole is onder druk as jy jou wil steur aan wat Bloggers op die internet te se het!!! Miskien moet hulle Dan Lombard van "Rugby from a Wheelchair" se opinie oor die Affie/PBHS Derby lees by - http://www.ruggas.co.za/?p=8995

Ek was bevoorreg om die o/16B wedstryd Saterdag te kon kyk.. Boys High het as 0/15B's, 69 - 0 teen Affies verloor en het Saterdag met die rug teen die muur op die veld gedraf. BH het die eerste punte met 'n strafskop aangeteken en daarna nie die voortou prys gegee nie en behaal 'n wel verdiende oorwinning van 12 - 16.
Die entoesiasme en passie van die Boys High spelers was iets om te beleef!!! Dit is wat die AHS/PBHS Derby maak wat dit is.
2e Span
Ek het 'n navrae gehad of dit die eerste keer is dat die 2e span onoorwonne is. Ongelukkig nie. Met wedstryd inligting van die 2e span net beskikbaar vanaf die jaar 2000 kan ek bevestig dat 2004 en 2008 se 2e's ook onoorwonne was.
Affies 8e Span
Ek het die laaste gedeelte van die 8ste span wedstryd op die C-veld gekyk. Dit het my opgeval dat die regter vleuel van Affies gelyk het soos 'n voorry? Wat spoed aan betref het dit nie gelyk of daar iets kort nie maar toe sien ek hom die bal by die lynstaan ingooi. Na die lynstaan bly hy steeds in die vleuel posisie speel?
Aan die einde van die wedstryd vra ek hom of hy nog altyd vleuel speel. Sy antwoord was. Nee, ek is eintlik die haker maar halfpad deur die wedstryd het 'n paar van ons spelers plekke omgeruil. Die "makro" vleuel van die 8e span was Arno Voster 'n Graad 12 leerling op die foto hier naas.
Wie se mens kan nie rugby speel om dit te geniet nie!!
Fotos van die 8e en 7e span na hulle wedstryd teen Boys High.