Aan die einde van elke seisoen word daar altyd gevra hoe vergelyk die span met die spanne van vorige jare. Vir algemene vergelykings per wedstryd, seisoen en in die wittrui klik hier.
Die uitstaande kenmerk van die 2013 span is dat die span elke wedstryd gewen het. Die spanne van 1996 en 2001 was onoorwonne maar elkeen het ‘n wedstryd gelykop gespeel. Op hierdie punt kan geargumenteer word dat met meer wedstryde gespeel die kanse groter is dat 'n span kan verloor of gelykop speel.
1996 Staan bekend as die beste span wat Affies nog opgelewer het. Daar is heelwat spanne wat gepresteer het oor die jare naamlik 1940, 1944, 1950, 1957, 1959, 1960, 1961, 1970, 1978, 1984, 1985, 1991, 1997, 2002, 2011 en 2012. Daar is egter net 3 spanne wat ‘n seisoen onoorwonne afgesluit het naamlik 1996, 2001 en 2013.
Hieronder is 'n analise van die 3 spanne wat onoorwonne was. Dit is ‘n direkte vergelyking en mag dalk te simplisties wees. Hoe dit ookal sy daar sal altyd argumente wees soos wat daar is met die 2013 ranglyste van 1e spanne. Die ranglys posisie van Affies vir 2013 is huidiglik nog onseker ten spyte daarvan dat Affies die enigste eerste span in die top 20 is wat geen wedstryd verloor of gelykop gespeel het nie.
Saam met die algemene statistiek kan elke Affie ondersteuner, speler en ouer self besluit wie hulle sien as die beste span sedert 1921?