Ek het al die hootepunte(driee) videos en DVD's vanaf 1996 tot en met 2013 bymekaar gemaak maar is nog opsoek na die volgende:
2011 - Kan nog nie bevestig of dit bestaan al dan nie?
2012 - Al wat ek kon opspoor tot nou toe is 'n CD met fotos en agtergrond musiek van die wedstryde in 2012.
GREY COLLEGE:
Ek het al die wedstryde teen Grey College wat gewen is of gelykop is bymekaar gemaak met die volgende wat nog opsoek is naamlik 1993 en 1996.
Die 2001 GC video is nogal spesiaal.
- Die seuns is afgeneem waar hulle sing voordat hulle op die trein geklim het in
Pretoria.
- Onderwysers wat saamry op die trein naamlik die Hoof, Dr Kriek, Sakkie, Perry,
ens. - Sakkie se "seuntjie" Lean wat op een van die spelers se skoot sit en 'n
rympie/liedjie sing.
Wat 'n klomp "onthou jy nog" momente vir die wat daar was!!!
EERSTE WEDSTRYD VAN DIE 1e SPAN OP VIDEO
Ek is opsoek na die heel eerste wedstryd wat opgeneem is op Betamax of film. Volgens Schalk Vorster het die 1979 eerste span vir die eerste keer van "video footage" gebruik gemaak. Hulle het na die C.R.Swart wedstryd op Affies se veld na footage gekyk wat op Betamax in swart en wit geneem is.
Ek sal dit waardeer as enige iemand wat my kan help met van die Videos of DVD's my sal kontak per epos of op my sel. Al is dit inligting van iemand wat dit moontlik het.
Dit maak nie saak watter formaat dit jn is nie.
My kontak inligting is: johanenazelle@gmail.com of 0835645050
**********************************************************************************************