ANDER SKOOLSPANNE
TRANSVAAL
In 1928 verteenwoordig 3 AHS spelers vir die eerste keer 'n provinsiale skolespan. Dit was vir die Transvaalse skolespan in 'n wedstryd teen die Vrystaat op Ellispark. Die wedstryd was 'n voorwedstryd vir die toets tussen die Springbokke en die All Blacks.
Op die 1928 Transvaal 0/19 spanfoto hierna verskyn Mnr. F Le Roux (AHS Hoof) en 3 AHS spelers. Dit was 'n toernooi waaraan Transvaal, Vrystaat en Natal se skolespanne deelgeneem het in 1928 en 1929.
Program en spanlys van Tvl en die Vrystaat skolespan wat gespeel het teen mekaar in 'n voorwedstryd vir die Springbokke teen die All Blacks in 1928 op Ellis Park.
TRANSVAAL BONDE
Die span is na afloop van die Cravenweek gekies uit die spanne van die Tvl Bonde. Die span het teen 'n verskeidenheid spanne oor die jare gespeel - bv. SA Polisie 0/19 & SA Kolleges.
Die span is na afloop van die Cravenweek gekies uit die spanne van die Tvl Bonde. Die span het teen 'n verskeidenheid spanne oor die jare gespeel - bv. SA Polisie 0/19 & SA Kolleges.