AFFIE-RUGBY
  • Tuis
  • Blog
  • Seisoen
    • 2026 >
      • 1ste span seisoen
      • Ander spanne tellings
      • 2026 wedstrydprogram
    • 2025 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2025 wedstrydprogram
    • 2024 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Tellings
      • 2024 Wedstrydprogram
      • 2024 Sewes Tellings
      • Noord Suid Bepalings
      • Noord Suid Tellings
    • 2023 >
      • 1e Span Seisoen
      • Ander Spanne Uitslae
      • Sewes Tellings
      • 2023 Wedstrydprogram
      • Afrigters
      • Oefentye
    • 2022 >
      • 2022 1e Span Seisoen
      • 2022 Ander Spanne UItslae
      • 2022 Sewes Tellings
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2021 >
      • 2021 1e Span Seisoen
      • 2021 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstrydprogram
      • Afrigters
    • 2020 >
      • 2020 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2020 Ander Spanne Uitslae
      • Wedstryd Program
      • Oefentye
    • 2019 >
      • 2019 1e Span Seisoen Statistiek
      • 2019 Ander Spanne Uitslae
      • 2019 Wedstryd Program
      • 2019 Afrigters
      • 2019 Oefentye
    • 2018 >
      • 2018 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2018 Ander Spanne Uitslae
      • 2018 Bepalings
      • AHS Afrigters 2018
    • 2017 >
      • 2017 Bepalings
      • 2017 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2017 Ander Spanne Uitslae
      • 2017 Velde en Oefentye
    • 2016 >
      • 2016 Bepalings
      • 2016 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2016 Ander Spanne Uitslae
    • 2015 >
      • 2015 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2015 Ander Spanne Uitslae
    • 2014 >
      • 2014 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2014 Ander Spanne Uitslae
    • 2013 >
      • 2013 1e Span Wedstryd Statistiek
      • 2013 Ander Spanne Uitslae
  • Geskiedenis
    • Het Jy Geweet?
    • Geskiedenis Eerste Span Kleredrag
    • Die naam Wit Bulle
    • Simbool van die Wit AHS - rugbytrui
    • Toere & Toernooie
    • Francois Swart 0/15 Rugbyweek
    • Wit Bulle " Comebacks"
    • AHS se Ierland Konneksie
    • Affies Skepskop Spesialiste
    • Driee om te Onthou
    • Tradisies
    • Koshuis vs Dorp
    • Affie Rugby en Covid - 19
    • Opsomming per Jaar >
      • 1921 - 1929
      • 1930 - 1939
      • 1940 - 1949
      • 1950 - 1959
      • 1960 - 1969
      • 1970 - 1979
      • 1980 - 1989
      • 1990 - 1999
      • 2000 - 2009
      • 2010 - 2019
      • 2020 - 2029
  • Eerste Span Spelers
    • Alfabetiese Lys 1921 tot op Datum
    • Broers
    • Pa en Seun
    • Oupa, Seun en Kleinseun
    • Oupa en Kleinseun
    • 50 Wedstryde +
    • 3 Jaar +
  • Skole Spanne Verteenwoordig
    • Nasionaal
    • SARU EPD Program
    • N-Tvl A & Cravenweek
    • Blou Bulle o/18 Akademieweek
    • Blou Bulle o/17 Sewes
    • Blou Bulle o/17 Akademieweek
    • Blou Bulle o/16 Grant Khomo
    • Blou Bulle o/15
    • Ander Skoolspanne
  • Skole teen Gespeel
    • Skole teen Gespeel - Alfabeties
    • Opsomming van Wedstryde Gespeel
    • Wedstryd Tellings per Jaar >
      • Affies vs PBHS Geskiedenis
      • AHS VS PBHS Tellings 1988 - 2024
      • Affies vs Grey Kollege - Geskiedenis
      • Affies vs Grey Kollege Tellings 1993 - 2026
      • A,B,C
      • D,E,F
      • G & H
      • J,K,L
      • M,N,O
      • P,Q,R
      • S,T,V
      • W & Z
  • Admin/Direkteurs/Beeld en Versekerbeker
    • Geskiedenis en Statistiek
    • Eerste Span Finale
    • 0/14, 0/15 & 0/16 Span Finale
  • N. Tvl en BB Finale + Super 12 &16
    • Eerste Span
    • 0/14, 0/15 en 0/16 Spanne
    • Super 12 & 16
  • Algemeen
    • 1ste span kapteins
    • 1ste span afrigters
    • Rugby Speler van die Jaar
    • Ondersteuning Groep
    • Eerste Rugby & Krieketspan Verteenwoordig
    • Ranglyste
    • Onderwysers Afrigters & Administrateurs
    • Algemene Punte Statistiek >
      • Wedstryd
      • Seisoen
      • Wittrui
  • Oud-Affies
    • Oud-Affie rugbyspan uitslae
    • Nasionale Spanne >
      • Springbok Spelers
      • Ander Internasionale Spelers
      • Junior Springbokke, SA "A", SA xv
      • Suid Afrika – o/19, o/20, o/21 & o/23
      • Ander SA Spanne
    • Provinsiale Spanne >
      • Eerste OA wat Provinsiaal Speel
      • N. Tvl & Blou Bulle
      • Ander Provinsiale Spanne
    • OA Speel Oorsee >
      • Eerste OA wat oorsee speel
      • Spelers
    • Superugby en Pro 14
    • Toekennings
    • Administrateurs, Afrigters, Skeidsregters, Spandokters >
      • Administrateurs
      • Afrigters
      • Skeidsregters
      • Spandokters
    • Oud Affies Speel Provinsiaal + >
      • 2025
      • 2024
      • 2023
      • 2022
      • 2021
      • 2020
      • 2019
      • 2018
      • 2017
      • 2016
      • 2015
      • 2014
      • 2013
      • 2012
      • 2011
      • 2010
      • 2009
      • 2008
      • 2007
      • 2006
      • 2005
  • Foto Gallery
  • Bibliografie
E-mail Address

AFFIES VS GREY KOLLEGE
GESKIEDENIS & STATISTIEK
1923 - 2026

​Affies en Grey Kollege se 1ste spanne speel vir die eerste keer teen mekaar in 1923 

'n Kort opsomming van die pad wat geloop is sedert 1923:
  • 1923 - In die AHS jaarblad is daar ‘n verwysing na ‘n wedstryd teen ‘n skool van Bloemfontein. In Januarie 2016 is dit vasgestel dat dit teen Grey Kollege was en die eerste wedstryd tussen die twee skole in 1923 gespeel is en nie in 1953. In die Volkstem van September 1923 word daar berig dat daar ‘n wedstryd beplan was tussen die sterkste skole van die Vrystaat(Grey Kollege) en Transvaal (Pretoria Boys High School). Vir een of ander rede kon PBHS nie speel nie en het Affies en Grey Kollege vir die eerste keer op 29 September 1923 teen mekaar gespeel in Pretoria. Grey  Kollege wen die wedstryd 0 – 7. Verwysing na die wedstryd verskyn ook op bl. 35 van die Grey Kollege School Magazine van 1923.
  • 1924 - 1952 (Speel nie)
  • 1953 - 1959 (Speel) -  ​Slegs die 1ste en o/15A spanne speel teen mekaar. 
  • 1960 - 1965 (Speel nie)
  • 1966 - 1968 - In 1966 vind die eerste volwaardige interskole plaas met 16 spanne wat teen mekaar speel in Pretoria. Grey Kollege wen 11 wedstryde, Affies wen 4 en 1 wedstryd eindig gelykop.
  • 1968 - Piet Delport (Std 8) word gekies om sy 1ste wedstryd vir die 1e span teen Grey Kollege te speel. Hy speel in die oggend vir die 1ste tennisspan en in die middag speel hy vir die 1ste rugbyspan.
  • 1969 - (Speel nie)
  • 1970 - 1974 (Speel)
    Tydens die 1ste span wedstryd teen Grey Kollege in 1974 word ’n speler van albei spanne na ’n woeste geveg van die veld gestuur. Dit het tot gevolg dat die jaarlikse kragmeting tussen Affies en Grey Kollege gestop word en speel die 1ste spanne eers in 1992 weer teen mekaar.
  • 1975 - 1980 (Speel nie)
  • 1981 - Affies speel teen Grey Kollege met al die spanne buiten die 1ste span. Affies se 1ste span moes op die dag in ‘n Administrateursbeker wedstryd speel. 
  • 1982 - 1991 (Speel nie)
  • 1992 -  2013 (Speel). 
  • 1992 - Speel net die 1ste spanne teen mekaar op 'n rugbydag  in Nigel. Andre Watson was die skeidsregter gewees.
  • 1993 - Affies en Grey Kollege speel met al hulle spanne  vir die eerste keer weer teen mekaar (in Bloemfontein). 1ste spanne speel gelykop, 23-elk.  
  • 1996 - Affies se 1ste span wen vir die eerste keer teen Grey Kollege (25 - 3).
  • 1998 - Affies wen vir die eerste keer meer wedstryde (67%) as Grey Kollege in hulle jaarlikse kragmeting.
  • 1998 - Die 1ste span wedstryd word lewindig uitgesaai op SABC
  • 2000 - Na 'n hewige donderstorm voor die hoofwedstryd (Affies A-veld) word die 1ste span wedstryd uitgestel na ‘n weeksdag in die daaropvolgende week. Die wedstryd eindig gelykop 17-elk. Francois Swart teken al Affies se punte aan.
  • 2002 - Grey Kollege se 1ste span wis 'n agterstand van 7 -21 uit om uiteindelik 46-21 te wen in Pretoria. Die wedstryd sal onthou word as die laaste openbare verskyning van die oud-Grey en voormalige Proteas krieketkaptein Hansie Cronje.
  • 2006 - Herman van Dyk van Affies het die volgende ervaring gehad in 2006. Na hy vir die 1ste span in die begin van die jaar gespeel het, speel hy na 'n besering vir die 3de span teen Grey Kollege. Hy is reserwe vir die 2de span en speel as reserwe vir die 2de span. Die afrigters behou hom as reserwe vir die 1ste span en hy speel ook vir die 1ste span as reserwe.
  • 2011 - Die treinrit met die weg wedstryd is nou 'n busrit vanaf 2011. 
  • 2012 en 2013 - Naas 2005/6 is dit slegs die 2de keer dat Affies se 1ste span opeenvolgend tuis en weg teen Grey Kollege wen.
  • 2012 - Die Wit Bulle speel in die wedstryd  teen Grey Kollege met wat op die oog af lyk na nuwe groen kouse met geen strepe nie. Sonder die medewete van die afrigters het die spelers besluit om die kouse  te vou dat dit net groen was sonder strepe. 
  • 2014 - 29 spanne speel teen mekaar. Die meeeste nog.
  • 2017 - Affies wen 61% van die wedstryde op die dag. Die eerste keer sedert 2008 en die tweede meeste sedert 1998.
  • 2018 - Vir die tweede keer in die geskiedenis wen albei skole ewe veel wedstryde, 14 elk. 
  • 2018 - Die eerste wedstryd tussen die twee skole se oud-skoliere vind plaas in Bloemfontein. Grey Kollege wen 10 - 5.
  • 2019 - 27 wedstryde word gespeel
  • 2020 - Covid 19, geen interskole vind plaas
  • 2021 - Covid 19, geen interskole vind plaas
  • 2022 - Affies wen 67% van die 27 wedstryde gespeel op die dag en die tweede meeste sedert 1998.
  • 2024 - Vir die tweede keer speel 29 spanne tydens die interskole teen mekaar.  
  • 2025 - Affies wen 77% van die wedstryde (20 uit 26), teken die meeste punte per wedstryd aan naamlik 36,6 en wen met die grootste punteverskil per wedstryd van 22,7.​
  • 2026 - Affies se 1ste span klop Grey Kollege se 1ste span vir slegs die 7de keer. Eindtelling 28 - 21. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die interskole wen Affies al die oopspan wedstryde. Affies wen 25 (86%) van die 29 wedstryde tydens die interskole - 'n rekord. 1ste span afrigter Ruan Jacobs klop Grey Kollege in 2006 (18 - 13) as speler in die 1ste span en 20 jaar later in 2026 as hoofafrigter van die 1ste span.

OPSOMMING - 1STE SPAN UITSLAE 1923 TOT 2026

Gespeel: 49
Wen: 7 ('96, '05, '06, '12,' 13, '15, '26)
Verloor: 37
Gelykop: 5 ('56, '93, '98, '00, '01)
 
Grootste wen vir Grey Kollege   60 - 19 in 2023
Grootste wen vir Affies  25 - 3 in 1996
Meeste punte in 'n wedstryd 82 in 2016

MEESTE VAN DIE WEDSTRYDE GEWEN OP DIE DAG SEDERT 1993

Grey Kollege - 17 keer
Affies - 13 keer
Gelykop -  2 keer (2005 & 2018) 
Nie gespeel nie -  2 keer (2020 & 2021)

MEESTE AANTAL WEDSTRYDE GEWEN TYDENS 'n INTERSKOLE SEDERT 1993

Affies - 25 (2026)
Grey Kollege - 19 (2006 & 2010)

Vir die historiese tellings van die 1ste span per jaar klik hier.
​
Vir die tellings van al die spanne sedert 1993 klik hier.
Proudly powered by Weebly