OPSOMMING PER JAAR 1920 - 1929
1920
Die jaarblad van 1921 verwys na 1920 se voetbal as volg:
"Laaste jaar (1920) het ons dit nog nie gewaag om ’n skoolspan vir die derde Beker-kompetiesie in te stuur nie. Daar was toe slegs ’n onder-sestien span, wat alhoewel hulle baie goed gespeel het, verskeie kere met ’n pak van die veld afgestap het."

1921
Voor: D. Conradie, G. Viljoen, C. Dames.
1ste ry: P. Burgers, Mnr. H. Sack, P. du Plessis, J. van Niekerk (kapt), Mnr. F. le Roux (Afrigter), Mnr. G. Wilsenach (Afrigter), G. Bosch.
2de ry : C. Dyason, H. van Rensburg, L. du Plessis, F. Botha, J. Wepener, P. Helberg, B. Nassay, T. Dempers.

| # | ## | Dekade | Jaar | Span | Klass | Notas | Uitslag | Vir | Teen | |||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| 1 | 1 | 1920 - 1929 | 1921 | Potchefstroom Gimnasium | SA Skool | Verloor | 0 | 4 | Afrigter: | Le Roux F | ||
| 2 | 2 | 1920 - 1929 | 1921 | Pretoria Boys High School 2des | SA Skool | Verloor | 0 | 5 | Wilsenach G | |||
| 3 | 3 | 1920 - 1929 | 1921 | Koedoes | SA Klub | Verloor | 0 | 11 | Kaptein: | Van Niekerk J | ||
| 4 | 4 | 1920 - 1929 | 1921 | Trades | SA Klub | Wen | 11 | 4 | Spandokter: | Geen | ||
| 5 | 5 | 1920 - 1929 | 1921 | Harlequins | SA Klub | Wen | 15 | 6 | Fisioterapeut: | Geen | ||
| 6 | 6 | 1920 - 1929 | 1921 | Pretoria Boys High School 2des | SA Skool | Verloor | 0 | 3 | Biokenetikus: | Geen | ||
| 7 | 7 | 1920 - 1929 | 1921 | NKP | SA Klub | Verloor | 0 | 11 | Spanbestuurder: | Geen | ||
| 8 | 8 | 1920 - 1929 | 1921 | Spoorweë | SA Klub | Gelykop | 0 | 0 | ||||
| 9 | 9 | 1920 - 1929 | 1921 | Harlequins | SA Klub | Gelykop | 3 | 3 | ||||
| 10 | 10 | 1920 - 1929 | 1921 | Tukkies B | SA Klub | Verloor | 5 | 14 | ||||
| 11 | 11 | 1920 - 1929 | 1921 | Pretoria Boys High School 2des | SA Skool | Verloor | 8 | 12 | ||||
| 12 | 12 | 1920 - 1929 | 1921 | Spoorweë | SA Klub | Verloor | 8 | 13 | ||||
| 13 | 13 | 1920 - 1929 | 1921 | Pretoria | SA Klub | Verloor | 0 | 11 | ||||
| 13 | 1920 - 1929 | 1921 | Totaal | 50 | 97 | |||||||
| Gem/wed | 3.8 | 7.5 | ||||||||||
| Gespeel | 13 | 100% | ||||||||||
| Wen | 2 | 15% | ||||||||||
| Gelykop | 2 | 15% | ||||||||||
| Verloor | 9 | 69% |
-
Kortliks
-
Skoolblad Vol.1 No.1
-
Treinrit na Potchefstroom
-
"Speel hard kêrels!"
<
>
- Die 1ste span word in die 3de liga ingeskryf.
- Die span sluit drie onderwysers in nl. Mnre. F. le Roux (Hoof), G.Wilsenach en H. Sack.
- Die 1ste span eindig 2de laaste in die 3de liga.
- Met die treinrit na Potchefstroom Gimnasium, het Pa le Roux opgemerk dat, “Die jonges hulle oor die algemeen goed gedra het. Ek het egter ’n paar rokers ontdek. Hierdies word onder hande geneem.”
- Die kaptein van die 1ste span, J. van Niekerk, sluit die seisoen as volg af: “Ek sê: Die A.H.S. voetbalspelers is ’n klompie wakker, moedige, energieke kerels, en hulle ideaal is altyd, nie om bolans te wees nie, maar om die heel boonste, die eerste te wees."
VOETBAL
"Laaste jaar het ons dit nog nie gewaag om ’n skoolspan vir die derde Beker-kompetiesie in te stuur nie. Daar was toe slegs ’n onder-sestien span, wat alhoewel hulle baie goed gespeel het, verskeie kere met ’n pak van die veld afgestap het.
Vanjaar het daar egter ’n groot verandering plaasgevind. Die goeie naam van ons skool het gou bekend geraak met die ouers van verskillende kinders, en op die manier, het die getal leerlinge van die A.H.S. sommer met meer as ’n honderd vermeerder. Dit het natuurlik baie daartoe gehelp om ’n behoorlike sukses van ons voetbalspan te maak.
In die begin van die seisoen het daar nog ’n weinig twyfel bestaan by enkele van die nuwelinge, wat gedink het dat ons span nog te swak was om vir die derde Beker-kompetiesie in te gaan; maar met so ’n moedige onderwyser soos wat ons gehad het, wat ons in voetbal gelei het, kon geen twyfel meer bestaan nie. Ons het toe ’n span ingestuur vir die derde Beker.
Die eerste tyd het dit nie so al te rooskleurig gegaan nie. Hulle moes toe natuurlik nog eers ’n bietjie leer. Ander rekrute het weer gou afvallig geword, en het kom vertel dat hulle Peetoom sê, hulle mag nie meer speel nie, want dis te gevaarlik. Hulle het seker gereken dat voetbalspeel ’n soort van ’n oorlog was.
Die eerste paar bekerwedstryde het ons toe verloor, maar later van tyd het ons span aanmerkelik verbeter, en was ons in staat om van die sterkste spanne pak te gee.
Nieteenstaande al die baie moeilikhede en teenslae, waar ons gedurende die seisoen mee te kampe gehad het, het ons tog nog ver bowe verwagting goed gespeel.
Hiermee is dit nog lank nie op ’n end nie. Die geagte leser mag gerus weet dat die A.H.S. voetbalspankerels hulle self voorberei en ten sterkste van plan is om die volgende jaar die beker te vat.
Met voorspelers soos Mnr. le Roux, Mnr. Wilsenach, ou Doep en met ’n heelagter soos Viljoen gaan ons die A.H.S.-span onoorwinnelik maak, en wat dan nog van ou Klein Doep, wat speel met ’n wind soos die Suid-Ooste, ou Boeps wat al glad verleer het om mis te tekkel, ou Weppie wat jy amper nooit op die veld sal sien sonder die bal in sy hande nie, ou Kiel wat altyd ’n eersteklas spel speel om sy plek te behou, ou Nussey wat altyd touleier agter die skrum speel en agterfos werk doen en nog ’n paar nuwelinge soos Louw en Helberg, wat later ingekom het, wat so goed gespeel het dat hulle nog ’n paar van die ou voorspelers uitgesit het; en dan nog ons agterspelers soos Conradie agter die skrum, wat net altyd sy opponent wil ry, Chris wat so klein is, dat hy altyd sy vyand ongesiens aanval, en grond se kant toe bring.
Ou Jan, wat gereeld sy doel teen die swakker spanne kry, ou Wippet wat kan skuif soos ’n reier en vastrap soos ’n dom gans, Dempers wat rol soos ’n pampoen as hulle hom plant, maar wat deur sy goedigheid darem die opponent se aandag trek om twee kerels vir hom te laat merk, en Bosch wat ons gouste vleuel is! Dis tog seker nou vir iedereen duidelik dat die A.H.S. met hierdie kerels, en met al die ander, wat nog gaan bykom die volgende jaar die beker gaan vat!
Wat betref die onder-sestienspan; hulle het verloor teen Jongens Hoër, maar gewin teen Oosteind, Handels en Ambagskool. Beter kan van hulle nie verwag geword het nie, want ’n paar van hulle is maar nie veel groter as die voetbal self nie. Mens kry eintlik groot lag, as jy sien, hoe so ’n ou klein kereltjie wat skrapsies groter as die bal is nog ’n vryskop van die 25 lyn af tussen die pale deursit. Dis regtig te bewonder.
Met ’n heelagter soos Rattray, wat ’n mens amper nie eers kan sien nie, en ’n driekwart soos Kaptein Dames, wat onverbeterlik goed speel, en ’n voorspeler soos Beyers, wat kan hardloop soos ’n volstruis, is dit amper onmoontlik om te verloor.
Soos ek verstaan, het ook hulle (die onder-sestienspan) besluit om die volgende jaar nie vir spek en bone te gaan speel nie, maar vir die Beker. Bennie Malherbe en klein Dyason, die twee ou staatmakers van die reserwes (vir die onder 16 span) is natuurlik al heeltemaal seker van die beker.
Ek sê: Die A.H.S. voetbalspelers is ’n klompie wakker, moedige, energieke kerels, en hulle ideaal is altyd, nie om bolans te wees nie, maar om die heel boonste, die eerste te wees.
Vir my die A.H.S.!!!"
J. van Niekerk, Kapt.

ONS VOETBALSPAN NEEM 'N UITSTAPPIE NA POTCHEFSTROOM
"Op Vrydag oggend die 26ste Augustus, kon jy net handsakkies en pakkies sien by die spelers; en ’n ander paar wat weggegaan het. En dit was ’n geldinvordery dat dit so gekom het; want die treinkaartjies moes uitgeneem word.
Die middag omtrent twee uur, was ons almal op die stasie; en nog ’n paar vriende en vriendinne, wat ons kom afsien het. Vyf minute oor twee het eindelik gekom, en die trein het vertrek. In die trein het dit vreeslik dol gegaan. Daar word gesing en grappies vertel onophoudelik.
Omtrent vier uur, het ons op Johannesburg aangekom; en vandaar sou ons twintig minute oor sewe vertrek. Toe ons afklim het party van ons na die bioskoop gegaan, terwyl ander weer ’n wandeling in die stad geneem, en die gedrang van mense en trems aanskou het.
Om 7.20 het die trein vertrek, en ons was op weg na Potchefstroom. Die gesing en grappies vertellery het maar voort geduur, waaroor baie gelag werd. Die aand was vreeslik kort vir so ’n jong klomp as ons.
Ons was vier, vier in ’n kompartement. By ons onderwysers was dit maar net vol. En een van hulle het sy verloofde by hom gehad, en dus was daar nog een meer by hulle in die kompartement. Ons onderwysers het die één en sy verloofde alleen laat staan en by drie van ons seuns kom sit. Ons het naderhand ons plekke aan die meesters afgestaan en moes toe by die ander skoliere in. Dit het net hard gegaan om plek te kry. Ons wou ons onderwyser en sy nooi nie pla nie, ons was eenmaal by hulle in; maar hulle het so lekker gesels dat ons maar weer gou uit is.
Die plekke wat ons gehad het was maar nou, ’n mens kon nouliks lê.
Die nag het ons so te sê niks slaap gehad nie, want dit was ’n gepraat en gelag die hele nag deur. Vroeg die Saterdagmôre het daar ’n paar van die Potchefstromers ons op die stasie kom haal.
Na ons in klompies verdeel was, het hulle ons na die verskillende plekke geneem waar ons moes brekvis neem.
Tien uur het genader, en ons is toe weg veld toe. Die spel het begin. Ons het gelyk soos ’n klompie muggies teen ons opponente, die eerste spanspelers van die Potchefstroom Gimnasium Hoër Skool. Maar dit het ons nie afgeskrik nie. Voor pouse het een van ons vleuels seer gekry, en was onbekwaam om verder aan die spel deel te neem. En dit het hulle na ’n rukkie hard te speel, geluk om ’n skepskop oor ons pale te stuur; sodat die punte was: vier teen nul. Na pouse het ons baie hard gespeel, maar dit was alles verniet of ons ’n doel kon bereik. Die spel was naderhand verby, en die uitslag was: vier teen nul.
Daarvandaan is ons direk stasie toe, en nadat ons iets geëet het, het die trein vertrek.
Met veel gesing en gejuig is ons daar weg en weer op Johannesburg gekom.
Daar het ons afgeklim, en moes wag vir ’n trein na Pretoria. Ek en een van my maats het in ’n verversingskamer ingestap om iets te gaan eet. Toe ons inkom sê ek aan hom: „Kyk jy moet maar die kos vir ons bestel.” Toe die dametjie kom om ons bestelling te neem, het my maat ’n bietjie rondgeskuif en na ’n lys waarop die soorte kos staan gesoek, maar daar was nie so iets te kry nie. Hy bestel toe ’n koue kuiken en warm groen ertjies. Dit het hulle ook nie gehad nie. Ons het naderhand begin reg kom en toe begin eet. Die dametjie kom weer 'n slag in, en vra ons op Engels: ,,Will you have some sweets." Ek kon dit nie mooi verstaan nie, en sê ewe bedaard: ,,ja" u kan ons maar 'n bietjie ,,swiees" gee. Toe sy die pudding inbring sien ek wat sy gemeen het. Ons is hierna weg stasie toe, en met veel gesing was ons 'n paar uur later weer in Pretoria."
P.J. du Plessis

SPEEL HARD KERELS!
Dis weer die A.H.S. se span
Wat op die rooi veld is;
En elke kerel staan sy man --
Dis seker en gewis.
Kom speel en gee g’n gryntjie om
Vir vyands val en ruk;
Ja wys vanwaar dat julle kom,
Hoe jul ’n bal kan druk.
Kom, kerels, daadlik gryp die bal,
En gee aan die driekwart lyn!
Eers hardloop, koets dan rondom rol,
Dan opspring sonder pyn.
Ja, vang hul lang en maak ’n draai,
En gooi hulle dat hul voel--
“As anders hulle maats sien swaai,
Dan sal hul ook gou woel;
Want woes sal hulle dan wil speel,
As ons maar net begin!
Kom druk soos altyd nog jul seël,
Van „Aanhouer die win.”
Hou hoog en moet tog nie laat val--
Die naam van ons skoolspan;
Kom, doen jul bes en dit is al,
En toon wat julle kan.
P. J. du Plessis
Dis weer die A.H.S. se span
Wat op die rooi veld is;
En elke kerel staan sy man --
Dis seker en gewis.
Kom speel en gee g’n gryntjie om
Vir vyands val en ruk;
Ja wys vanwaar dat julle kom,
Hoe jul ’n bal kan druk.
Kom, kerels, daadlik gryp die bal,
En gee aan die driekwart lyn!
Eers hardloop, koets dan rondom rol,
Dan opspring sonder pyn.
Ja, vang hul lang en maak ’n draai,
En gooi hulle dat hul voel--
“As anders hulle maats sien swaai,
Dan sal hul ook gou woel;
Want woes sal hulle dan wil speel,
As ons maar net begin!
Kom druk soos altyd nog jul seël,
Van „Aanhouer die win.”
Hou hoog en moet tog nie laat val--
Die naam van ons skoolspan;
Kom, doen jul bes en dit is al,
En toon wat julle kan.
P. J. du Plessis
1922
Voor: Mnr. D. Naude, G. Viljoen, L. de Jager.
1ste ry: Ph. Burger, C. Dames, J. van Niekerk (kapt), Mnr F. le Roux (Afrigter), Mnr. P. Kruger, G. Bosch, F. Botha.
2 de ry: Mnr. H. Sack, P. Goedhals, C. Dyason, C. Malan, Mnr G. Wilsenach (Afrigter), L. du Plessis, E Dyason, T. Dempers,
G. Endeman
Nie op foto: P. du Plessis, D. Conradie, P. Helberg.
1ste ry: Ph. Burger, C. Dames, J. van Niekerk (kapt), Mnr F. le Roux (Afrigter), Mnr. P. Kruger, G. Bosch, F. Botha.
2 de ry: Mnr. H. Sack, P. Goedhals, C. Dyason, C. Malan, Mnr G. Wilsenach (Afrigter), L. du Plessis, E Dyason, T. Dempers,
G. Endeman
Nie op foto: P. du Plessis, D. Conradie, P. Helberg.
| # | ## | Dekade | Jaar | Span | Klass | Notas | Uitslag | Vir | Teen | |||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| 14 | 1 | 1920 - 1929 | 1922 | Harlequins | SA Klub | Wen | 9 | 0 | Afrigter: | Le Roux F | ||
| 15 | 2 | 1920 - 1929 | 1922 | Pretoria Boys High School 2des | SA Skool | Wen | 9 | 0 | Wilsenach G | |||
| 16 | 3 | 1920 - 1929 | 1922 | Rustenburg | SA Skool | Telling uitstaande | Wen | Kaptein: | Van Niekerk J | |||
| 17 | 4 | 1920 - 1929 | 1922 | Pretoria | SA Klub | Wen | 6 | 0 | Spandokter: | Geen | ||
| 18 | 5 | 1920 - 1929 | 1922 | Tukkies B | SA Klub | Wen | 3 | 0 | Fisioterapeut: | Geen | ||
| 19 | 6 | 1920 - 1929 | 1922 | Spoorweë | SA Klub | Wen | 9 | 0 | Biokenetikus: | Geen | ||
| 20 | 7 | 1920 - 1929 | 1922 | Harlequins | SA Klub | Wen | 24 | 3 | Spanbestuurder: | Geen | ||
| 21 | 8 | 1920 - 1929 | 1922 | Weermag | SA Klub | Wen | 6 | 3 | ||||
| 22 | 9 | 1920 - 1929 | 1922 | Voortrekker Boksburg | SA Skool | Telling uitstaande | Wen | |||||
| 23 | 10 | 1920 - 1929 | 1922 | Potchefstroom Gimnasium | SA Skool | Telling uitstaande | Verloor | |||||
| 24 | 11 | 1920 - 1929 | 1922 | Spoorweë | SA Klub | Wen | 22 | 0 | ||||
| 25 | 12 | 1920 - 1929 | 1922 | Harlequins | SA Klub | Wen | 16 | 0 | ||||
| 26 | 13 | 1920 - 1929 | 1922 | Spoorweë | SA Klub | Wen | 3 | 0 | ||||
| 27 | 14 | 1920 - 1929 | 1922 | Weermag | SA Klub | Wen | 3 | 0 | ||||
| 28 | 15 | 1920 - 1929 | 1922 | Polisie | SA Klub | Punte gestuur | Wen | |||||
| 29 | 16 | 1920 - 1929 | 1922 | NKP | SA Klub | Wen | 10 | 3 | ||||
| 30 | 17 | 1920 - 1929 | 1922 | Pretoria | SA Klub | Munrobeker-finaal | Verloor | 6 | 9 | |||
| 17 | 1920 - 1929 | 1922 | Totaal | 126 | 18 | |||||||
| Gem/wed | 7.4 | 1.1 | ||||||||||
| Gespeel | 17 | 100% | ||||||||||
| Wen | 15 | 88% | ||||||||||
| Gelykop | 0 | 0% | ||||||||||
| Verloor | 2 | 12% |
-
Kortliks
-
Skoolblad Vol.1 No.2
-
Munro-beker
-
A.H.S vs Normaal
-
Kritiek oor die spelers
<
>
- 1ste span verower die Pritchard-beker deur die 3de liga te wen.
- In die uitklopliga (teen 2de liga spanne), verloor die 1ste span in die finaal van die Munroe-beker teen Pretoria, 6 - 9.
- Speel vir die eerste keer teen Rustenburg en Voortrekker (Boksburg).
- Vier onderwysers speel vir die 1ste span naamlik Mnre. P. Kruger, H. Sack, G. Wilsenach & D. Naude.
RUGBYVOETBAL
"Dit is die derde jaar van die bestaan van ons skool; ook is dit die derde jaar van die bestaan van ons voetbalklub; ’n tyd van inspanning, ’n tyd van opoffering, ’n groeityd en ’n bloeityd. Dis die geskiedenis van die A.H.S. en sy voetbal klub.
Deur karaktervolle manne is ons skool gestig. Deur soortgelyke kinders is ons voetbalklub gestig. Wie is daar in ons kool wat nie roem op die skoon loopbaan van ons voetbal klub nie? Wie is daar buite ons skool wat kan sê dat ons nie edelmoedig gestreef het vir die reeds behaalde sukses nie?
Trots voel ons as ons ’n blik terugwerp op die geskiedenis van ons voetbalklub. Trots voel ons as ons sien dat ander spanne ons beny en probeer om ons afbreuk te doen. Ons is nie bang nie. Ons gaan die toekoms in met moed.
Laaste jaar het ons getoon dat ons ’n pak kan staan. Vanjaar toon ons dat ons oorwinnings kan behaal.
Ons voetbal klub bestaan uit drie afsonderlike spanne.
Die eerste span het nog slegs twee keer hierdie seisoen verloor. Dit is ongelukkig een van die nadelige gevolge van die lang Junie-vakansie.
Die tweede span wat vanjaar vir die eerste keer sy verskyning in die voetbalwêreld gemaak het is bitter ongelukkig en het al verskeie kere die neerlaag moes ly. Dit word egter verwag dat ook ons tweede span sal verbeter en dat hulle volgende jaar met dade sal aantoon wat vir verbetering daar plaasgevind het.
Die ondersestien span verdien ’n pluimpie. Hulle het nog net eenkeer hierdie seisoen verloor. As hulle so voortgaan dan wag hulle ’n skitterende toekoms.
Vier van ons onderwysers speel in die eerste span. Ongelukkig dat ons beste voorspeler Mnr. F. J. le Roux ons die jaar nie meer as speler kan ondersteun nie. Sy afwesigheid onder die voorspelers word werklik gevoel. Met dankbaarheid erken ons die werk van Mnr. F. J. le Roux beide as sekretaris en as speler van ons eerste span van 1921. ’n Tweede inbraak in ons eerste span is die verlies van Paul du Plessis wat in sy tyd ons tweede beste voorspeler was. Ons wens hom ’n spoedige beterschap toe en hoop om hom binne kort weer op twee bene te sien.
Daar ons tweede en ondersetien spanne nie permanente spelers gehad het nie volg hier net die name van die spelers in die eerste span: — G. Viljoen, P. Burgers, J. van Niekerk, Mnr. P. Kruger, G. Bosch, Mnr. D. Naude, L. de Jager, Mnr. H. Sack, Mnr. G. Wilsenach, R. Goedhals, T. Dempers, C. Malan, C. Dyason, F. Botha, E. Dyason, G. Endeman.
Met hierdie span het ons verskeie ander spanne in die skande laat kom. Meer as een het al gedink dat hy met iets anders as skoolkinders besig was want ons het gedurende die eerste kwartaal verslaan al wat voor ons gekom het.
Vriendskaplike wedstryde teen ander dorpe het ons ook gespeel. Teen die Potchefstroomse Gymnasium se eerste span moes ons die onderspit delf maar dis gelukkig ook al. Die Boksburgse Hoër Skool (Die Voortrekkers) se eerste span moes twee keer erken dat ons hulle die baas was. Die Rustenburgse Hoër Skool se eerste span moes die tweede keer wat hulle teen ons gespeel het met so ’n groot pak huis-toe gaan dat hulle eers die naweek in Pretoria moes bly om uit te rus.
Ons hoop om binne kort ons die voetbalvelde te hê, sal seker nie verderd word nie dat dit vir ons baie moeilik is om die spelers vir oefening bymekaar te kry. Die teenswoordige voetbalvelde waar ons op moet gaan oefen is byna buite ons bereik.
DIE KAPTEIN

'n Aparte uittreksel vanuit die Skoolblad oor die 1ste span se deelname aan die Munro-beker:
"BAIE BELANGRIK
Die Jaarboek is al in die Pers. Tog wil ons graag nog ’n stukkie insit.
Ons 1ste Span het die Pritchard-beker geneem. Dit is die Beker vir die 3e Liga.
Daarna wou ons graag ons kragte meet met die 2e Spanne en het dit ook gedoen.
Ons het vir die Munro-beker gespeel. Hierdie word gedryf op die “Uitval” sisteem.
Die resultate daarvan was as volg:--
A.H.S. vs. Spoorweg .......... 3—0
A.H.S. vs. Artillerie .......... 3—0
A.H.S. vs. Normaal Kollege .......... 10—3
Toe kom die Finaal, en dit teen die Pretoria se 2e Span. Dit was ’n geweldige stryd. Maar die A.H.S. moes swig onder die swaar gewig van die Pretoriase voorspelers. Die uitslag was 9—6 in Pretoria se guns.
Julle het julle manlik en ridderlik gedra A.H.S."
DIE REDAKSIE

De Volkstem berig as volg oor die semi-finaal van die Munor-beker teen Normaal:
"A.H.S Stof vir Normaal
Tot die verbasing van die meeste voetbalspelers het die Afrikaanse Hoër Skool, na ’n mooi wedstryd, die oorwinning behaal teen die Normaalse span. Die wedstryd was vir die Munro-beker.
Dit het as gevolg dat eersgenoemde span teen die tweede span van Pretoria moet speel, en ons verneem, sal die wedstryd a.s. Donderdagmiddag afgespeel word. Die wedstryd sal dien as die beslissende vir die Munro-beker. Die Skoolspan het werklik waar wondere verrig en die vertonings wat deur hulle in die afgelope paar weke gemaak is, sal seker as gevolg hê dat hulle a.s. seisoen ’n waardige plek tussen die twee spanne van die stad sal inneem.
Dit is ’n bemoedigende teken om die jong spanne so te sien toeneem in sterkte en ons wens die Afrikaanse span geluk met die vordering deur hulle gemaak.
Die uitslag van die wedstryd was A.H.S. 10, Normaal 3."
(De Volkstem.)

Hier volg is 'n aparte uittreksel vanuit die skoolblad waar elke speler van die 1ste span se spel vir die jaar beoordeel word:
"KRITIEK OOR DIE SPELERS VAN DIE EERSTE SPAN
G. VILJOEN (Heelagter): Babs is ’n heelagter soos jy min in Pretoria sal kry; vang goed maar skop nie so goed as hom verwag word nie.
P. BURGERS (Regter Vleuel): Goed op verdediging, gevaarlik op die aanval maar volg sleg op. Moet leer om gouer weg te spring.
J. VAN NIEKERK (Kapt.): Swaar gebou—maak goeie gebruik van sy kragte en voetbal taktiek. Hy skop netjies en verdien sy plek as senter en as kaptein.
Mnr. P. KRUGER (Senter): Het net die lyf vir ’n senter en weet wat om met die bal te maak. Hy kan breek so mooi as jy wil sien—skop uitstekende sýn skoppe—baie gou op die aanval.
G. BOSCH (linker vleuel): Is die vinnigste man op die veld. Waar hy nie kan deurkom nie loop hy kring om die opponent. Jammer hy vang en skop swak rig.
Mnr. D. NAUDE (halfager): Hy is seker die kleinste in die eerste span; maar hy weet hoe om sy kop te gebruik. Vang, skop kan hy alles goed doen. Maar sy woede ontsteek seer as die skeidsregter die fluitjie blaas omdat hy die bal skeef ingooi.
L. DE JAGER (Halfagter): Hy is ons eerste span se steunpilaar. Niks anders kan van hom gesê word nie as dat hy onverbeterlik goed speel.
Mnr. H. SACK (V.): Ons staatmaker-voorspeler. Sy plek vul hy op in stilte en met waardigheid. Hy kombineer uitstekend met die ander voorspelers.
Mnr. G. WILSENACH (V.): Swaar gebou, kan meer doen as hy voetbal meer met erns aanpak. Hy is geneig om te individueel te speel. Verder baie goed.
R. GOEDHALS (V.): “Goedie” is ’n entoesiastiese speler en het ’n baie mooi manier van vang. Hy gryp altyd na ’n kerel se voete wanneer hulle al weg is—baie goed in die skrum.
T. DEMPERS (V.): Is nie alleen ’n gawe kerel in die omgang nie, maar ook op die voetbalveld. Hy is die beste voorspelers—vang, skop en speel netjies. Hy is bepaald ’n voorbeeld van ’n sportsman.
C. MALAN (V.): Sal nog ’n baie goeie voorspeler uitdraai gebruik sy lengte met goeie gevolg om die bal uit te gee. Hy ’n paar drieë “geskop”—’n bietjie onervare.
C. DYASON (V.): Is die regte diepe van n Dyason—’n sportsman van die regte soort. Vang en skop goed. Sy plek in die eerste span verdien hy.
F. BOTHA (V.): “Stompie” is klein maar gee vir hom ’n bal. Hy sal vir jou wys hoe hy ’n gat dwars deur ’n skrum kan druk. Jammer dat hy partymaal te werg is en op die manier soms punte weggee.
E. DYASON (V.): Het ’n asem soos ’n windhond—swaar maar ’n bietjie stadig. Hy beweer die grond is te hard—gee hom die bal, dan sal sy sien! Hy swem soos ’n vis.
G. ENDEMAN (V.): Kort en dik. Hy is een van die “stille in die lande.” Hardwerkend in die los-skrums."

1923
Voor: D Naude, P Kruger.
1 ste ry: P van Staden, P Genis, D Malan, C Dames (kapt), F Botha, P Burgers, T Dempers.
2 de ry: D Cruse *, L du Plessis, C Malan, R Goedhals, P Du Plessis, H Sack, C Dyason, Mnr F le Roux (afrigter)
Nie op foto: J Burg, D Conradie, P Helberg, L de Jager, G Wilsenach, J Malan, W Steynberg.

*************************
In Kort:
- Eerste wedstryd word teen Boys High (Galle) 1e Span gespeel en AHS verloor, 3 - 6.
- 1e Span speel vir die eerste keer teen Monument, Heidelberg Volkskool, Voortrekker Boksburg en Grey College.
- 1e Span word in die plaaslike 2e liga ingeskryf. Eindig 8ste in die liga.
- 8 Spelers word vir die Pta. Interstadspan gekies, 5 vir die Pta O/18 span en 3 vir die Pta O/16 span.
- Die 1e Span klop Tuks 2 in die finaal van die Munrobeker, 9 - 0.
- Die volgende onderwysers speel vir die eerstespan nl. Mnre, D Naude, P Kruger, H Sack, P van Staden, G Wilsenach en D Malan.
***********************
1924
Voor: H Robertse, D Cruse, D Conradie.
1 ste ry: L de Jager, P du Plessis, C Dames (kapt), J Burg, P Genis, C Malan.
2 de ry: J Wolmarans, B Groenewaldt, L du Plessis, C Swart, J Malan, W Steynberg, P Helberg, Mnr F le Roux (afrigter)
Nie op foto: D Conradie.
1 ste ry: L de Jager, P du Plessis, C Dames (kapt), J Burg, P Genis, C Malan.
2 de ry: J Wolmarans, B Groenewaldt, L du Plessis, C Swart, J Malan, W Steynberg, P Helberg, Mnr F le Roux (afrigter)
Nie op foto: D Conradie.
***********************
In Kort:
- Daar was 'n merkbare insinking in die Voetbalklub te bespeur. Spanne moes selfs uit die ligas onttrek word weens ‘n gebrek aan spelers.
- L du Plessis speel sy 4e jaar vir die 1e Span.
- 1e Span speel vir die eerste keer teen Pietersburg en Bethlehem
************************
***********************************
1925
Voor: H Robertse, J Celliers, D Conradie.
1 ste ry: A Ferreira, J Burg, P du Plessis, (kapt), D Wassenaar, G Olivier.
2 de ry: Mnr G Wilsenach (afrigter), J Wolmarans, W Steynberg, A Brugman, R Kirsten, J Malan, J Grobbelaar, G Brummer
P van Zyl, Mnr F le Roux (afrigter)
Nie op foto: Geen
1 ste ry: A Ferreira, J Burg, P du Plessis, (kapt), D Wassenaar, G Olivier.
2 de ry: Mnr G Wilsenach (afrigter), J Wolmarans, W Steynberg, A Brugman, R Kirsten, J Malan, J Grobbelaar, G Brummer
P van Zyl, Mnr F le Roux (afrigter)
Nie op foto: Geen
***********************
In Kort:
- Die “Afrikaanse Hoërskool Voetballied” word deur Mnr W Gerke gekomponeer.
- P du Plessis speel sy 4e jaar vir die 1e Span.
- Speel vir die eerste keer teen Nylstroom, Belfast, Ermelo en Bethal.
*************************
**********************
1926
Voor: C Brümmer, P Hafner (sekretaris)
1 ste ry: E Grimbeeck, C du Toit, J de Kock, W Steynberg (kapt), J Grobbelaar (o/kapt), K van der Post, F Slabbert.
2 de ry: G Wilsenach (asst. afrigter), F van Schalkwyk, A Brümmer, W Prinsloo, A Prinsloo, M Rose, W Liebenberg, Mnr S Redelinghuys (afrigter)
Nie op foto: Geen
1 ste ry: E Grimbeeck, C du Toit, J de Kock, W Steynberg (kapt), J Grobbelaar (o/kapt), K van der Post, F Slabbert.
2 de ry: G Wilsenach (asst. afrigter), F van Schalkwyk, A Brümmer, W Prinsloo, A Prinsloo, M Rose, W Liebenberg, Mnr S Redelinghuys (afrigter)
Nie op foto: Geen
************************
In Kort:
- 1e Span speel vir die eerste keer teen Ermelo, telling 0 - 8.
*************************
**********************
1927
Voor: F Roos, P Joubert.
1 ste ry: E Grimbeek, G Brink, W Liebenberg, F Slabbert (kapt), L Bouwer, J de Kock, M Schwellnus.
2 de ry: Mnr G Wilsenach (afrigter), F van Schalkwyk, L Lombard, H Venter, M Eyssell, O Schwellnus, E Webb,
Mnr S Redelinghuys (afrigter).
Nie op foto: Geen
1 ste ry: E Grimbeek, G Brink, W Liebenberg, F Slabbert (kapt), L Bouwer, J de Kock, M Schwellnus.
2 de ry: Mnr G Wilsenach (afrigter), F van Schalkwyk, L Lombard, H Venter, M Eyssell, O Schwellnus, E Webb,
Mnr S Redelinghuys (afrigter).
Nie op foto: Geen
***********************
·In Kort:
- Die “nuwe” skool (tans die Meisiesskool se geboue) bring ‘n einde aan die probleem rondom lang afstande wat na oefenvelde geloop moet word.
- Speel vir die eerste keer teen Tegniese Kollege, CBC Pretoria en Potch Volkskool.
- Die 1e Span verower die Broekhuizenbeker deur Tegniese Kollege 19 – 5 te klop.
- Die O/16’s klop Boys High die eerste keer en verower die Volkstembeker terwyl die O/14’s ook hulle beker wen.
- 'n Uitstaande kenmerk die jaar was die ondersteuning van wedstryde.
***********************
********************
1928
Voor: D Malan, S Prinsloo, J de la Rey, M Voges.
1 ste ry: St E Truter, J van Rooyen, G Brink, E Grimbeek, (kapt), E Webb (sekretaris), P Joubert (o/kapt), M Schwellnus.
2 de ry: Mnr F le Roux (afrigter), L Lombard, A Visser, H Vonsteen, W du Rand, M Eyssel, O Schwllnus, Mnr P Kruger (afrigter).
Nie op foto: Geen
1 ste ry: St E Truter, J van Rooyen, G Brink, E Grimbeek, (kapt), E Webb (sekretaris), P Joubert (o/kapt), M Schwellnus.
2 de ry: Mnr F le Roux (afrigter), L Lombard, A Visser, H Vonsteen, W du Rand, M Eyssel, O Schwllnus, Mnr P Kruger (afrigter).
Nie op foto: Geen
************************
In Kort:
- Die “nuwe” skool (tans die Meisiesskool se geboue) bring ‘n einde aan die probleem rondom lang afstande wat na oefenvelde geloop moet word.
- Die 1e Span verower die Broekhuizenbeker deur Technical 19 – 5 te klop.
- Die O/16’s klop Boys High die eerste keer en verower die Volkstembeker terwyl die O/14’s ook hulle beker wen.
- 'n Uitstaande kenmerk die jaar was die ondersteuning van wedstryde.
**************************
*********************
1929
Voor: F Coetzee, C Pretorius, A Myburgh, C van Zijl.
1 ste ry: G van Wijk, M Badenhorst, A Visser, S Prinsloo (kapt), W du Rand (sekretaris), P Bekker, M Schwellnus.
2 de ry: Mnr P Kruger (afrigter), G Malan, A Louw, P van der Merwe, J Brits, D Malan, J Pretorius, Mnr F le Roux (hoof)
Nie op foto: Geen
1 ste ry: G van Wijk, M Badenhorst, A Visser, S Prinsloo (kapt), W du Rand (sekretaris), P Bekker, M Schwellnus.
2 de ry: Mnr P Kruger (afrigter), G Malan, A Louw, P van der Merwe, J Brits, D Malan, J Pretorius, Mnr F le Roux (hoof)
Nie op foto: Geen
**********************
In Kort:
- P Bekker
- M Schwellnus
- W du Rand
- Die 1e Span verower die Broekhuizenbeker vir die 3e jaar in ‘n ry
- Die eerste wedstryd word teen Helpmekaar gespeel. AHS wen 17 – 0. Die jaarlikse kragmeting sou tot diep in die tagtigerjare voortduur.
- Die O/16’s wen die Volkstembeker.
- Die totale aantal spanne in die skool vergroot tot 7.
- Die jaar word afgesluit met 'n wedstryd teen die oudleerlinge op 12 Oktober.
- Die volgende spelers word gekies vir TVL O/19’s:
- P Bekker
- M Schwellnus
- W du Rand
*************************
***********************