Die twee skole sal eers in 1987 vir die 1e keer teen mekaar speel en daarna elke jaar tot en met 2006. Affies besluit om nie meer aan die Beeld Trofee en Michelin reeks deel te neem nie. Vanaf 2007 en speel die twee skole eers weer teen mekaar in 2012. Sedert 2012 speel die skole weer elke jaar teen mekaar.
Dit sal die 43ste keer wees wat die twee skole se 1e spanne teen mekaar speel. Saam met Grey College is dit die skool wat AHS die 3e meeste wedstryde teen gespeel het naas Helpmekaar (61) en Pretoria Boys High (114).
Die Witbul wat met tuiswedstryde voor die AHS toeskouers staan het ‘n storie wat gekoppel is aan Waterkloof toe dit in 1998 die eerste keer sy verskyning gemaak het met ‘n wedstryd teen Waterkloof. Lees die storie hier
1987 - 2006
Met die onstaan van die Michelin reeks en met die wenner en naaswenner van die BB Beeld Trofee finaal wat deurdring na die uitspeelrondtes het die 1e spanne 3 keer teen mekaar gespeel in 1998, 1999 en 2002. In 2006 speel die 1e spanne 4 keer teen mekaar.
Die 1e spanne speel 3 keer in die Beeld Trofee finaal teen mekaar in 1998, 2002 en 2006 met AHS elke keer aan die wenkant.
Volgens my inligting is Waterkloof die eerste en enigste skool wat as 'n naaswenner in 'n provinsie deurdring na die finaal van die Beeld Trofee. Dit was in 1998.
2012- 2016
Die afgelope 6 jaar het AHS en Waterkloof elk 3 keer gewen.
STATISTIEK
Wedstryde gespeel 42 - Affies wen 32 en Waterkloof 10
Grootste punte verskil - Affies 69 (75/6 in '93), Waterkloof 25 ( 20/45 in '06)
Kleinste punte verskil - Affies 1 (9/8 in '02), Waterkloof 1 (20/21 in '99)
Meeste punte in 'n wedstryd - 81 (75/6 in '93)
Minste punte in 'n wedstryd - 3 (3/0 in '96)
Vir tellings van die onderskeie jare kyk hier.
*********************************************************************************************