Vir details van die wedstryd tellings kyk hier.
1. James Combrinck
2. Johan van Zyl
3. Jan-Hendrik Pretorius
4. Ruben Dreyer
5. Henk Pretorius
6. Regardt du Plessis (kapt)
7. Desesde Nel
8. Jaco Labuschagne
9. Henro Coetser
10. Charles Goedhals
11. Christian Strydom
12. Ruan Schmulian
13. Marnus Potgieter
14. Carl Koch
15. Tristan Janse van Vuuren
Geluk aan Jan-Hendrik Pretorius en Ruan Schmulian wat vir die eerste keer vir die Witbulle uitgedraf het.
Ruan en sy broer Tiaan sluit hulle aan by die lys van broers wat vir die 1e span gespeel het.
Tiaan Schmulian - 2013/14
Ruan Schmulian - 2016
WEDSTRYD:
Met al 8 die reserwes op die veld het die witmasjien gesukkel om aan die gang te kom. Soos die Engelse sal sê 'n "Stop start" wedstryd gewees. Affies was 0-7 agter voordat hulle , hul oe kon uitvee.
Die manne het vasgebyt en dit opgevolg met 7 onbeantwoorde driee wat almal verdoel is.
Daar was 'n paar beserings. Ons hou duimvas vir Regardt dat sy kniebesering nie te ernstig is nie.
PLAASVERVANGERS
Louritz van der Schyff vir Ruan Schmulian, Jack Hart vir Henro Coetser, Ruan de Swardt vir Charles Goedhals wat skuif na heelagter in die plek van Tristan Jv Vuuren, Arno van Wyk vir Jan Hendrik Pretorius, Dylan du Preez vir Ruben Dreyer, Phillip Krause vir Regardt du Plessis, Tristan Jv Vuuren vir Charles Goedhals en Ruan Schmulian vir Carel Koch.
PUNTE
AFFIES - 49 (28)
Driee - Marnus Potgieter, Johan van Zyl (2x), Henk Pretorius, Carel Koch, Charles Goedhals, Louritz van der Schyff
Skoppe - Charles Goedhals (5x doelskoppe), Ruan de Swardt (2x doelskoppe)
PARKTOWN - 7 (7)
Die punte verskil van 42 is gelykstaande aan die vorige grootste van 2002 toe die telling 45 - 3 was in Affies se guns.
AFFIES EN DIE ST JOHN"S FESTIVAL
Met die koms van Festivals het rugbytoere in die April en Julie skoolvakansies tot ‘n einde gekom met die laaste toer na Natal in Julie 1995.
Die St John’s Rugby Festival word vit die 1e keer aangebied in 1996 en is vanjaar 21 jaar oud. Sedert 1999 neem Affies vir die 8ste keer deel aan die toernooi. In die vorige 7 toernooie was Affies in 2000, 2009, 2010 en 2011 onoorwonne.
In 2009 wen Affies albei wedstryde teen Paarl Boys High en Paul Roos.
In totaal het Affies 21 wedstryde gespeel. 18 Gewen en 3 verloor teen Paul Roos, Paarl Boys High en Michaelhouse.
Wedstryd bepalings 2016
24 Maart - Affies vs Parktown Boys High – 18:00
26 Maart - Affies vs Nelspruit – 10:00
28 Maart - Affies vs Paul Roos Gimnasium – 16:00
Geluk aan Schalk Erasmus wat as die kaptein aangewys is vir die seisoen. Schalk is die 93ste kaptein sedert 1921. Vir ‘n lys van kapteins sedert 1921 kyk hier.
*********************************************************************************************